Rykes skep SEB-miljarde in SA, nie gewone menseJune 12, 2025

Professor William Gumede van Wits Universiteit het onlangs ‘n onderhoud gevoer met State of the Nation, ‘n Suid Afrikaanse potgooi wat handel oor die land se politiek. Gumede het oor sy 2009-navorsing, om uit te vind of Swart Ekonomiese Bemagtiging enigsins goed aangewend was in die land, gesels. Sy navorsing het bevind dat om en by meer as 1 triljoen Suid Afrikaanse rand daarna gegaan het maar het in welaf Suid-Afrikaners se sakke beland. Hy sê sedertdien het die probleem veel erger geword.