Rosatom het definitief vir Namibië in visierJune 12, 2025

Die kwessie van ‘n kernkragsentrale weier om die nuustoneel te verlaat. Nou het die Russiese uraan-reus, Rosatom, bevestig dat hy wel na Namibië kyk as kernkragvennoot. Sputnik Afrika het ‘n onderhoud met Rosatom Sentraal- en Suidelike Afrika se uitvoerende hoof Ryan Collyer gevoer. Collyer sê daar is baie redes hoekom Namibië ‘n goeie vennoot sal wees.