Pro-Palestynse aktiviste in Kaïro aangekeerJune 12, 2025
Egiptiese owerhede het talle pro-Palestynse aktiviste in Kaïro aangekeer voor ‘n beplande internasionale optog om deur Israel se blokkade van Gaza te breek. Die optog se woordvoerder, Saif Abukeshek, sê meer as 200 deelnemers word aangehou op die lughawe of ondervra in hotelle in die hoofstad. Dit sluit burgers van Amerika, Australië, Nederland, Frankryk, Spanje, Marokko en Algerië in. Hulle wou opruk na die Rafah-grenspos tussen Egipte en Gaza om die toegang van humanitêre hulp en ‘n einde aan Israel se blokkade te eis.