Ongevalle onder Oekraïnse burgerlikes gaan voort: VN verslagJune 12, 2025

Burgerlike sterftes en beserings was die eerste vyf maande van die jaar 50-persent hoër in Oekraïne as dieselfde tydperk verlede jaar. Dit is volgens ʼn verslag deur ʼn moniteringskommissie van die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte. April het van die hoogste sterftesyfers gehad, met 1 389. Russiese langafstandmissiel- en hommeltuigaanvalle veroorsaak die meeste burgerlike ongevalle. Danielle Bell van die VN sê teen hierdie tempo is verdere burgerlike verliese nie net moontlik nie, maar onvermydelik.