Ngungula: Dit wat NamPol kry is minder as ‘n persentJune 12, 2025

Reaksie word ontvang op berigte dat die Oshana-polisie meer as 776 000 liter ngungula, of Angolese brandstof tussen 2024 en tot datum vanjaar, gekonfiskeer het. Die waarde hiervan beloop 17 miljoen Namibiese dollar. Owerhede glo sindikate is betrokke en meen die brandstof wat gevind is, is ‘n druppel in die emmer van die brandstof wat oorgrens gesmokkel word. Jafet Nakanue, ‘n vulstasie-eienaar in die Noorde sê daar is in werklikheid geen plaaslike handel in brandstof in die Noorde van die land nie.