Ministerie sê oor oor-toerismeplanJune 12, 2025
Die uitvoerende direkteur in die omgewingsministerie Sikongo Haihambo het by die regering se inligtingsessie gesels oor kommer rakende oor-toerisme by verskeie sensitiewe gebiede, insluitend Etosha Nasionale Park en Sossusvlei terwyl ander gebiede in die land onderbenut is.
‘n Plan word nou saamgestel wat ook infrastruktuur tekortkominge uitlig sowel as ander belangrike kwessies soos internet verbinding, water en krag.