Minder as ‘n derde van skoolkinders is op hoërskoolJune 12, 2025

Ongeveer 27 persent van alle leerders in die land is in hoërskool teenoor die oorblywende 72 persent wat laerskool bywoon. Volgens die jongste berigte is daar twee keer soveel graad een-leerders as graad 11-leerders. Volgens die onderwysministerie het Ohangwena die hoogste hoeveelheid leerders, amper 130 500 en Kavango Oos die hoogste leerder tot onderwyser verhouding, op 1 op 32. Khomas het die volste skole, gemiddeld 774 leerders per skool.