Mexiko wikkel om stadion gereed te kry vir WêreldbekerJune 12, 2025

Die mede-gasheer, Mexiko, is gewikkel in ‘n wedloop teen tyd om die ikoniese Azteca-stadion op te gradeer voor die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi. Mexiko sal die eerste land wees wat die internasionale skouspel vir ‘n derde keer aanbied wanneer die toernooi op 11 Junie volgende jaar begin. Die stadion in die hoofstad, Mexikostad, word vergroot van 87 000 na 90 000 sitplekke, en die opgraderings wat fokus op die wêreldbeheerliggaam Fifa se voorskrifte, sluit nuwe kleedkamers en groter gasvryheidsones in.