Lance Stroll fiks vir Kanadese Grand PrixJune 12, 2025
Motorsport: Lance Stroll van Aston Martin is die naweek weer in aksie in die Kanadese Grand Prix. Die 26-jarige renjaer het aan die vorige wedren in Spanje onttrek om ʼn mediese prosedure te ondergaan ná pyn in sy hand en gewrig. Die span sê die pyn het verband gehou met ʼn prosedure wat hy voor 2023 se seisoen ondergaan het nadat hy van sy fiets geval en sy gewrig beseer het. Stroll sê hy is opgewonde om agter die stuur te wees voor sy tuisskare in Montreal.