Iran behou sy reg op uraanverrykingJune 12, 2025
Iran sê hy sal nie sy reg op uraanverryking prysgee weens toenemende wrywing in die streek nie en voeg by dat hy reeds deur ‘n Midde-Oosterse bondgenoot gewaarsku is oor ‘n moontlike militêre aanval deur Israel. Reuters berig Iran se regering is van mening dat die spanning bedoel is om Teheran te beïnvloed om sy standpunt oor sy kernregte te verander. Die Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag gesê Amerikaanse personeel word uit die Midde-Ooste verskuif omdat dit ‘n gevaarlike plek kan word, en bygevoeg dat die Verenigde State Iran nie sal toelaat om ‘n kernwapen te hê nie.