Inflasie daal effe in Mei, voedsel styg steedsJune 12, 2025

Hooflyninflasie vir Mei is op 3,5 persent gemeet, effe af van die 3,6 persent wat in April aangeteken is. Op ‘n jaargrondlag het voedselpryse so gestyg. Vrugte is 15,5 persent duurder met olie en vette, sowel as vis wat met 9,1 persent gestyg het. Vleis is 8,8 persent duurder en koffie en tee, 8,6 persent. Groente jaag jou 7,7 persent meer uit die sak uit met brood en grane wat 3,7 persent duurder is. Suiker produkte is op met 3,5 persent en suiwel en eiers het gekrimp met 1,1.