Brian Wilson van Beach Boys oorlede op 82June 12, 2025
Brian Wilson, die legendariese voorsanger en mede-stigter van The Beach Boys, is op 82-jarige ouderdom oorlede. Wilson, wat in 1942 gebore is en in Hawthorne, Kalifornië grootgeword het, het ‘n groep gevorm saam met sy jonger broers Carl en Dennis, neef Mike Love en vriend Al Jardine. Hulle het The Beach Boys geword, een van die mees kommersieel suksesvolle groepe van alle tye, en het wêreldwyd meer as 100 miljoen plate verkoop. Die musiektydskrif Rolling Stone het hulle op nommer 12 van sy lys van die ‘100 Beste Kunstenaars van Alle Tye’. Die groep het tientalle treffers gehad, waaronder I Get Around, Good Vibrations en Help Me, Rhonda.