Yona, ons eie jeugorkeste hou binnekort fees by NTNJune 11, 2025

Die Jeugorkeste van Namibië, Yona, berei hulle voor vir die Nasionale Jeugorkes-fees wat vanaf 13 tot 21 Junie by die Nasionale Teater van Namibië sal plaasvind. Die geleentheid word afgesluit met die wêreld-première van “Otjihambarere – A Namibian Fairytale” deur Eslon Hindundu by twee gala-konserte op 20 en 21 Julie. Afrigting word aangebied vir jeug van regoor Namibië deur musikante van die Radio Simfonie Orkes Berlyn in vennootskap met die Jeugorkeste van Namibië en die dirigent Enrico Palascino. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gretel Coetzee, die direkteur van Yona.

Meer inligting is beskikbaar op die Jeugorkeste van Namibië se Facebook-blad en kaartjies kan by Webtickets gekoop word.