Weiding is bogemiddeld as gevolg van meer as net reënJune 11, 2025

Dr. Cornelis van der Waal, die weidingspesialis van Agri-Ecological Services sê weiding se benutting van reënval was uitsonderlik hoog vanjaar. Volgens hom is dit ‘n aanduiding dat die natuurlike saadbank selfs ná droogte steeds lewend is. Hy sê die redes hiervoor is waarskynlik die gunstige temperature en goeie opvolgbuie, sowel as die baie voedingstowwe wat in die droogtejare in die grond opgebou het. Organiese materiaal soos wortels het afgesterf en afgebreek, wat voedingstowwe toegelaat het om die grond op te bou. Die meerderheid van die land se weiding vertoon bogemiddeld maar die brandgevaar is nou verhoog.