Vermeende verkragter van seun, 17, verskynJune 11, 2025

Die Ondangwa-laerhof het borg aan die 39-jarige Andreas Mtula, wat aangekla word van die verkragting van ‘n 17-jarige seun geweier en sy saak tot 11 November uitgestel vir verdere ondersoek. Mtula het blykbaar die kind se stilte probeer koop met 200 Namibiese dollar na hy hom herhaaldelik verkrag het sedert Januarie. Hy het die aantygings in die hof ontken. Die 17-jarige slagoffer, wat ‘n graad 8 leerder is, se meisie het tot sy redding gekom en die kind se pa vertel.