SA se vervaardigingkoers daal skerp in AprilJune 11, 2025

Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in April met 6,3-persent gedaal in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar. Die grootste dalings is aangeteken in die voedsel- en dranksektor, motorvoertuie, en staal- en metaalprodukte. Produksie het egter van Maart tot April effens gestyg met 1,9-persent. Nicolai Claassen van Statistiek SA sê produksie en verkope het die afgelope drie maande afgeneem, wat toon dat daar voortdurende uitdagings in die sektor is: