Oranjemund, só werk doeane vir julle SA inkopiesJune 11, 2025

Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het reageer op Oranjemund-inwoners se toenemende kommer oor die 16,5 persent doeane-belasting op kruideniersware en toiletware wat in die naburige Suid-Afrika aangekoop is. Inwoners van die dorp steek gereeld die grens oor om in Springbok inkopies te gaan doen, weens hul beperkte plaaslike kleinhandelopsies. Steven Ndorokaze, NamRA se woordvoerder, het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.