Man wat in asdromme krap vind gestorte babaJune 11, 2025

Die liggaam van ‘n pasgebore baba is gevind in ‘n vullisdrom, weereens deur ‘n man wat die vullis deursoek het. Die gru-vonds is vanoggend in die koue tussen 7-uur en 8-uur gemaak in Ipumbastraat in Windhoek se Ombili-area. Die polisie sê die man was op soek na leë blikke toe hy op die gestorte lykie afgekom het. Die man het inwoners in kennis gestel, wat op hul beurt die polisie ontbied het. ‘n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.