BOSA sê GNU manipuleer jeugJune 11, 2025
Build One South Africa sê die regering moet ophou om jongmense sielkundig te manipuleer en dringend optree om jeugwerkloosheid aan te spreek. BOSA se adjunkleier, Nobuntu Hlazo-Webster, het tydens die Jeugdag-debat in die Parlement gevra dat alle townships as Spesiale Ekonomiese Sones verklaar word om beleggings te lok en werk te skep. Hlazo-Webster het ook ‘n beroep op president Ramaphosa gedoen om die minister van Kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, af te dank omdat sy nie jong entrepreneurs ondersteun wat deur burokrasie oorweldig word nie: