Vermeende verkragte poog om stilte met N$200 te koop June 10, 2025
Plaaslike media berig dat ‘n 39-jarige man wat oor die naweek gearresteer is vir die herhaaldelike verkragting van ‘n 17-jarige seun, het blykbaar die kind se stilte probeer koop met 200 Namibiese dollar. Die Oshana-polisie sê die eerste geval het reeds in Januarie plaasgevind en die kind is na die man se huis genooi waar dit plaasgevind het. Die slagoffer, wat ‘n graad 8 leerder is, se meisie het tot sy redding gekom en die kind se pa vertel.