SA-rooivleisbedryf stel fase een op BKS-reaksie inJune 10, 2025

Die Rooivleis-bedryfsdienste sê ná die aktivering van sy gesentraliseerde operasionele sentrum, het hy fase een van sy gekoördineerde reaksie op die voortslepende bek-en-klouseer-uitbreking in die land ingestel. Gevalle van die siekte is in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga aangemeld. Die diens se uitvoerende hoof, Dewald Olivier, sê hulle fokus sterk daarop om rolspelers in die rooivleisbedryf te beskerm en langtermyn-volhoubaarheid en vooruitgang in die bedryf te verseker: