Onvoldoende beskerming vir kinders in die Wes-KaapJune 10, 2025
Die DA in die Wes-Kaap sê hy sal sy pogings verskerp om swakpunte in die provinsie se kinderbeskermingstelsel te identifiseer. Die party beoog om praktiese aanbevelings te ontwikkel om kinderbeskerming te versterk en te verseker geen kind word kwesbaar gelaat nie. Die DA-lid, Wendy Kaizer-Philander, sê meer as 40 000 kinders is in pleegsorg, en slegs 4 persent van kindermishandelingsake lei tot skuldigbevindings, wat ernstige swakpunte in kinderbeskermingstelsels uitlig: