Vrou, 54, verskyn vandag na sy poog om dwelms by polisiestasie in te smokkelJune 9, 2025
‘n Vrou van 54 jaar is Vrydagaand in die polisiestasie op Aroab in hegtenis geneem toe sy vermoedelik dwelms in die stasie probeer insmokkel het. Sestien ‘bankies’ dagga en ‘n halwe Mandrax-pil is ‘n haar koelsak gevind terwyl sy ondersoek is. Sy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Keetmanshoop verskyn. Nóg vyf mense is die naweek op verskillende dorpe in die land vasgetrek met dagga na bewering in hul besit.