Pleitbedinging sal positief wees vir plaaslike regstelselJune 9, 2025
Die Namibiese regstelsel gebruik nog nie pleitbedinging, of “plea bargaining” nie, maar dit wil voorkom of dit op die agenda is. Hoofregter Peter Shivute het die konsep op die voorgrond geplaas by ‘n konferensie oor alternatiewe geskilbeslegting in Windhoek. Shivute het sy oortuiging uitgespreek dat die konferensie die weg sal baan vir Namibië om die wêreld van pleitooreenkomste te betree, wat ook sal help om die huidige agterstand in kriminele sake te verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Hancox, die direkteur van die Regshulpsentrum, wat uitbrei.