Netanyahu ontketen argwaan van ultra-ortodokse Jode June 9, 2025

Die godsdienstige Shas-party in Israel dreig om die land se premier, Benjamin Netanyahu, tot ‘n val te bring deur ‘n mosie te ondersteun vir ‘n vroeë verkiesing. Netanyahu is onder druk oor beoogde wetgewing om ‘n jarelange instelling te skrap dat ultra-ortodokse Jode nie vir militêre diens opgeroep hoef te word nie. Die uitsondering wat vir die ultra-ortodokse Joodse gemeenskap gemaak word, word al meer van binne Netanyahu se Likud-party teengestaan. Intussen eis die Shas-party dat wetgewing ingestel word wat sal verseker dat ultra-ortodokse Jode nie opgeroep mag word nie en het Netanyahu twee dae gegee om met ‘n oplossing vorendag te kom. Die Shas-party dreig ook om uit die koalisie met Netanyahu se party weg te breek.