NamRA sê onwettige voertuig-invoere daalJune 9, 2025
NamRA sê daar is ‘n daling in onwettige voertuig-invoere sedert die transito-regulasies in Maart 2023 ingestel is. Onder die maatreëls mag tweedehandse voertuie alleenlik op vragmotors ingebring word. Voorheen het talle van die voertuie die land binnegekom en is ingevoer sonder dat enige invoerbelasting betaal word. Kommissaris Sam Shivute sê nakoming het verbeter maar, skuiwergate word steeds uitgebuit.