China roep tydelik halt by Tsumeb-smelterJune 8, 2025

China se Sinomine Resource Group het kopersmelting by sy Tsumeb-aanleg tydelik opgeskort weens ‘n tekort aan konsentraat wat spruit uit die vinnige uitbreiding van smelterkapasiteit wêreldwyd. Volgens die uitvoerende hoof van Sinomine Tsumeb Smelter, Loggan Lou, het die verhoogde kapasiteit tot ‘n beduidende oor-aanbod in kapasiteit gelei. Die gevolglike tekort aan koperkonsentraat plaas druk op smelters wêreldwyd, sê Lou. Sinomine beplan opgraderings van die Tsumeb-smelter sodat dit ook kritiese metale en minerale kan produseer.