Riviere daal skerp, maar steeds hoër as verlede jaarJune 7, 2025

Die land se groot riviere het almal skerp begin daal, maar is steeds bo die vlakke wat verlede jaar dieselfde tyd gemeet is. Volgens die Hidrologiese Diens van Namibië vloei die Zambezi by Katima Mulilo 26cm laer as Maandag, op 4,61 meter. Die Okavango by Rundu het met 15cm gesak tot 5,18 meter, en die Kunene by Ruacana vloei teen 262 kubieke meter per sekonde. Die Benede-Oranje het 97cm gemeet by Bouputs en 1,18 meter by Sendelingsdrif.