Jeugraad se Swartz-Gowases waar sy moet wees: PDM jeugleierJune 5, 2025

Die direkteur van die Nasionale Jeugraad, Calista Swartz-Gowases, wat op 17 Maart ná ‘n jaarlange skorsing heringestel is, is ná ‘n raadsvergadering op gedwonge verlof geplaas. Volgens bronne is die verlof bedoel om billike, onpartydige en onafhanklike ondersoeke na griewe wat teen haar geopper is te fasiliteer, asook om die aanbevelings van ‘n onlangse interne ondersoek te implementeer. Die direksie sal ook ondersoek instel na hoe sy vyf jaar lank in die rol gedien het sonder ‘n formele indiensnemingskontrak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die PDM se jeugleier, Julia Nekwaya, wat midde in die stryd was met ontevredenheid oor die jeugraad se bestuur.