Bevel wat buitelanders by Harvard beperk, ondertekenJune 5, 2025

Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n uitvoerende bevel onderteken om buitelandse studentevisas by die Harvard-universiteit te beperk. Die administrasie het verlede maand Harvard verbied om buitelandse studente in te skryf, maar ‘n federale regter het die stap tydelik geblokkeer. Die universiteit se internasionale studente verteenwoordig sowat 27-persent van die totale studentegetalle. Trump sê Harvard het nie voldoende inligting oor sy buitelandse studente aan die federale regering voorgelê nie. Die Withuis sê die jongste stap is ‘n poging om nasionale veiligheid te verseker en hy beskuldig Harvard dat hy bande met radikale buitelanders het.