A-ha se Morton Harket het Parkinson se siekteJune 5, 2025
A-ha se voorsanger Morten Harket het bevestig hy het Parkinson se siekte. Die 65-jarige het die nuus op die groep se webwerf aangekondig en aanhangers aangespoor om nie oor hom te bekommer nie en eerder hulle energie en moeite gebruik om werklike probleme aan te spreek. Harket sê hy het stemprobleme ondervind as gevolg van die toestand, wat die brein progressief beskadig. Hy het sê die probleme met sy stem is een van die vele redes vir onsekerheid oor sy kreatiewe toekoms. Hy sê hy het geen probleem om die diagnose te aanvaar nie. En met die verloop van tyd het hy sy 94-jarige pa se houding ter harte geneem: ‘Ek gebruik wat ook al werk.’