Fabupharm kry opdrag om strope te onttrek, produksie te staakJune 4, 2025
Die Namibië Medisyne-beheerraad het Fabupharm Namibia opdrag gegee om te begin om al sy vloeistofprodukte wat mondeliks ingeneem word, te herroep. Dit moet ook produksie van die vloeistowwe staak totdat geïdentifiseerde kwessies in die produksielyn aangepreek is, in lyn met vasgestelde standaarde. Die raad sê in ‘n verklaring ‘n inspeksie van die orale vloeistof-dosis blok het tekortkominge gevind. Dit kom na die AR-leier Job Amupanda onlangs onthul het dat ‘n inspeksie in 2023 deur die beheerraad uitgevoer is waarin verskeie probleme blootgelê is in die vervaardiging van ‘n paracetemol hoesstroop vir kinders, maar niks daaraan gedoen is nie.