Meer as N$760 000 oor die naweek gebuitJune 2, 2025
Twee kroeë in die Noorde is die naweek beroof. Vroeg Saterdagoggend is by die Nua Nokuritjevera Bar in die Otjozondjupa-streek ingebreek. Drank en kontant uit die dobbelmasjiene is gesteel. In totaal het die verdagtes meer as 740 000 Namibiese dollar buitgemaak. Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie. In ‘n ander voorval is die Mbundu Bar in die Omusati-streek Vrydagaand beroof. Die verdagtes het die kroegdame vasgebind en kontant en items van die mini-winkel ter waarde van bykans 19 600 dollar gesteel. Drie mans is in verband met die voorval in hegtenis geneem.