Leeu wat Kebbel doodbyt, geskietJune 2, 2025

Die woestyn aangepaste leeuwyfie Charlie, wat in die vroeë oggendure van Vrydagoggend die bekende sakeman en ondersteuner van die woestyn aangepaste leeus, die 59-jarige Bernd Kebbel doodgebyt het, is van kant gemaak. Sy is Sondag geskiet. Kebbel was ‘n groot ondersteuner van dr. Flip Stander se navorsing oor die diere en ‘n leeumannetjie, wat in 2017 gejag is na hy as probleemdier verklaar is, was na hom vernoem. Die Afrikaanse dagblad Republikein berig kampeerders in die Hoanib gebied het ook melding gemaak van aanvalle.