Konserwatiewe Nawrocki vat Poolse verkiesingJune 2, 2025
Die konserwatiewe historikus Karol Nawrocki is Pole se nuwe president. Die 42-jarige Nawrocki van die regse populistiese party Wet en Geregtigheid, het 50,9-persent van die stemme verower, terwyl sy teenstander, die liberale kandidaat wat ten gunste van die Europese Unie is, Rafal Trzaskowski, 49,1persent van die stemme gekry het. Nawrocki, ‘n verdediger van tradisionele Poolse waardes, is ‘n ondersteuner van die Amerikaanse president, Donald Trump, en is hewig gekant teen die EU se klimaat- en migrasiebeleid. Nawrocki het onderneem om aborsiewette te verslap en konstruktiewe betrekkings met Europese vennote te verstewig.