Sokker: Franse chaos ná PSG Kampioeneliga wenJune 1, 2025
Verskeie onderonsies met die onlustepolisie in Parys het Saterdagaand uitgebreek ná Paris Saint-Germain vir die eerste keer die Kampioeneliga gewen het. PSG het Inter Milan met 5-0 in München, Duitsland geklop – die grootste oorwinning ooit in die Kampioeneliga. Sowat 5 400 polisiebeamptes is in die Franse hoofstad ontplooi en moes van traansgas en pepersproei gebruik maak. Meer as 130 mense is inhegtenis geneem.