Indië soek olifante by NamibiëJune 1, 2025
Indië soek ‘n skenking van twee of drie olifante van Namibië om ‘n olifantbul in ‘n dieretuin in Dehli geselskap te hou. Indië se hoë kommissaris in Namibië, Rahul Shrivastava, het Vrydag aan plaaslike media gesê die bul is alleen nadat sy koei dood is. Namibië het in 2022 agt jagluipers aan Indië geskenk, waar dié roofdiere uitgewis is.