Duisende op CoW-waglys vir huise, grondJune 1, 2025
Meer as 40 500 inwoners van Windhoek is tans op ‘n waglys vir grond van die Windhoekse munisipaliteit. Dié syfer styg toenemend ondanks die munisipaliteit se pogings om in die vraag na behuising en erwe te voorsien. Die waglys bestaan uit voornemende kopers en huurders, asook lede van spaargroepe en mense met gestremdhede.