Brittanje bestee miljarde op wapensJune 1, 2025

Die Verenigde Koninkryk gaan sowat 7 000 missiele, vuurpyle en hommeltuie koop en minstens ses wapenfabrieke bou om die moontheid midde toenemende bedreigings te herbewapen. Die Britse regering het die naweek sy verdedigingsplan van ses miljard pond aangekondig. Verdedigingsminister John Healey het Saterdagaand gesê duur lesse uit Rusland se onwettige inval in Oekraïne het getoon ‘n weermag se slaankrag word bepaal deur die nywerheid wat dit rugsteun.