Najwa Petersen dalk uit op paroolMay 31, 2025

Najwa Petersen, baasbrein agter die moord op haar man, die musiekikoon Taliep Petersen, kom moontlik reeds weer in Junie vir parool in aanmerking. Dit kom nadat dr. Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, in September verlede jaar ‘n stokkie gesteek het voor die parool wat die Pollsmoor-gevangenis se korrektiewetoesig-en-paroolraad aan haar toegestaan het. Sy sou ingevolge die besluit op 27 November 2024 op parool vrygelaat gewees het. Netwerk24 berig familie van Taliep is vandeesweek van ‘n paroolsitting in Junie in kennis gestel.