Mosiehof: Banke eis eiendomme van N$8mMay 31, 2025

Die mosiehofrolle Vrydagoggend was klein, met 38 aansoeke om verstekvonnisse waarvan vier op die reël 108-rol was. Die sessies is deur regter Orben Sibeya en waarnemende regter Gerson Narib hanteer, en kommersiële banke het 17 aansoeke gebring. Die banke eis 10 eiendomme met skuld van net meer as 8 miljoen Namibiese dollar op, wat ‘n plaas insluit. Daar is ook ses lenings met 2,4 miljoen dollar wat nou betaalbaar is, en ‘n voertuig moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer waarnemende regter Lotta Ambunda 69 onverdedigde egskeidings.