Bye takel 18 mense in OmusatiMay 31, 2025
‘n Swerm bye het Donderdagmiddag op sowat 18 mense op Epalela in die Omusati-streek toegesak. Drie van die mense het ernstig seergekry en is van die Omahenene-klinik na die hospitaal op Outapi oorgeplaas. Kinders en bejaardes was in die groep inwoners wat gesteek is.