Volksmoordherdenking: Dís hoekom 28 Mei gekies is May 30, 2025
Namibië se eerste herdenking van die volksmoord van 1904 tot 1908 Woensdag was in omstredenheid gedompel met sekere lede van die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe wat nie met die keuse van die datum saamgestem het nie. President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê 28 Mei is gekies omdat Duitsland op dié dag in 1908 die konsentrasiekampe in Namibië gesluit het. Volgens Nandi-Ndaitwah is daar nie lukraak op dié datum besluit nie: