Twee borg geweier in daggaplantasie-saakMay 30, 2025
Die 42-jarige Armand Schultz en ‘n 27-jarige Suid-Afrikaner, David van der Linden, het in die Okahandja landdroshof verskyn na ‘n daggaplantasie op ‘n plaas naby Hochfeld ontdek is. Hulle word aangekla van handeldryf in afhanklikheidsvormende stowwe en die besit van dwelmproduserende stowwe. Volgens staatsaanklaer Hilma Mwata was Schultz en Van der Linden na bewering betrokke by die produksie van dwelms ter waarde van ongeveer 52 miljoen Namibiese dollar. Die Staat het borgtog teengestaan en die saak is uitgestel tot 23 Junie vir ‘n formele borgaansoek.