Transitorowers buit N$380 000 by Choppies, KatuturaMay 30, 2025
Kosmos 94.1 Nuus kan bevestig dat die polisie ‘n transitorooftog in Windhoek ondersoek waarin 380 000 Namibiese dollar buitgemaak is. Die voorval het vanoggend by Choppies in Donkerhoek, Katutura plaasgevind toe tussen drie en vyf gewapende rowers toegeslaan het. Hulle het volgens ‘n ooggetuie in wat gelyk het na ‘n swart Audi weggejaag. ‘n Vuurwapen word ook vermis. Inligting is nog skraps en die ondersoek gaan voort.