Sesde Nama-fees in volle swang May 30, 2025
Die sesde Nama Kulturele Fees op Keetmanshoop is ‘n volle swang. Verrigtinge het vanoggend amptelik met ‘n parade deur die strate van die suidedorp begin. Stalletjies met handwerk eie aan die Namas, tradisionele kos en –kruie pryk op die feesgronde by die Westdene-stadion, waar kultuurgroepe ook gaan sorg vir vermaak en Nama-musiek. Die geleentheid sal deur visepresident Lucia Witbooi geopen word.