SA gaan weer spesialis-polisie ontplooi May 30, 2025

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê misdaad bly ‘n groot probleem. Sy sê alhoewel moordsake verminder, is daar ‘n toename in seksuele oortredings, insluitend verkragting. Ntshavheni sê die kabinet loof die polisie vir die vinnige arrestasies in hoëprofiel geslagsgeweldsake, insluitend dié van die Wits Universiteit-student Olorato Mongale. Sy het bygevoeg die regering beplan om weer gespesialiseerde polisie-eenhede in te stel en misdaadbestrydingsinstrumente en -opleiding te versterk: