Russiese oudbevelvoerder dood in ontploffingMay 30, 2025
‘n Afgetrede Russiese bevelvoerder wat die lugaanvalle op die Oekraïense hawestad Mariupol gelei het, is dood in ‘n ontploffing in Stavropol in die suide van sy land. Die 34-jarige Zaur Gurtsiev het verskeie medaljes ontvang vir sy deelname aan aanvalle op Mariupol en Avdiivka. Owerhede het nie gesê wat die ontploffing veroorsaak het nie, maar sluit nie Oekraïne se aanspreeklikheid uit nie. ‘n Reeks hoëprofiel Russiese soldate is in Rusland dood sedert die Kremlin sy volskaalse militêre aanslag op Oekraïne in Februarie 2022 begin het.