Rugby: Groot uitdaging vir SA-spanne in VRK May 30, 2025

Suid-Afrika se drie spanne in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap staan voor hul grootste uitdaging van die seisoen, met net oorwinnings wat goed genoeg sal wees om die voorlaaste ronde te haal. Die Stormers het waarskynlik die moeilikste taak wanneer hulle môreaand in Skotland speel teen die verdedigende kampioen, Glasgow Warriors. Die Bulle, wat Saterdag in Pretoria teen Edinburgh speel, en die Haaie wat in Durban teen Munster te staan kom, het die belangrike voordeel van tuiswedstryde.