NNN verwelkom nuwe AfDB-president May 30, 2025

Namibië se prioriteite stem volkome ooreen met dié van die nuwe president van die Afrika-ontwikkelingsbank (AfDB), Sidi Ould Tah, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tah, Mauritanië se voormalige finansminister, is Donderdag tot die nuwe leier van die bank verkies. Nandi-Ndaitwah het hom gelukgewens en gesê Namibië glo, soos Tah, in nywerheidsontwikkeling deur plaaslike waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne.